Local NewsNews

Oom Johan wil standbeelde red

Oom Johan Willemse, as Afrikaner-kultuurleier, wil graag alle Afrikaner-gedenktekens, borsbeelde en standbeelde in die stad wat aanstoot mag gee en in gevaar staan om vernietig te word na die Doornkraal Feesterrein laat verskuif.

POLOKWANE – Oom Johan Willemse, as Afrikaner-kultuurleier, wil graag alle Afrikaner-gedenktekens, borsbeelde en standbeelde in die stad wat aanstoot mag gee en in gevaar staan om vernietig te word na die Doornkraal Feesterrein laat verskuif.

“Daar is ruimte en dit sal veilig bewaar word agter palissadeheinings en elektroniese alarmstelsels,” sê hy.

“Tydens die huidige bestel het die Moolmangroep opgetree en vier borsbeelde by Library Gardens verwyder waar een reeds met verf toegetakel was voor hulle ingespring en dit verwyder het,” vertel hy. Hy vertel van die Jo Roos-standbeeld in die konsentrasiekampkerkhof wat reeds eenmaal gesteel is, teruggevind is en toe weer gesteel is. “Die standbeeld se versekering is nie bygehou nie, en nadat die vereiste sekerheidsmaatreëls privaat laat doen is, is dit weer gesteel. Ek neem die munisipaliteit kwalik en hou hulle verantwoordelik om die standbeeld te vervang,” sê hy. “Hulle het hul plig versuim om die beeld te beskerm.”

Oom Johan sê die munisipaliteit het aangebied om ‘n standbeeldjie van twee-derdes die grootte van die oorspronklike te gee om die standbeeld te vervang, maar dit is nie aanvaarbaar nie. “Ons kan die oorspronklike oordoen in hars, wat baie minder kos en niemand sal aanmoedig om dit te steel nie, en dan die oorspronklike standbeeld op ‘n veilige plek in bewaring hou. Die stadsraad het reeds bewys dat hulle nie hulle wetlike verpligting in verband met die kunswerke na behore kan nakom nie.”

Hy sê dat hy, as Afrikaner-kultuurleier en stadsraadslid sal volhou om druk uit te oefen om standbeelde, borsbeelde en ander monumente te verskuif na plekke waar dit sinvol uitgestal kan word en veilig sal wees.

Navrae aan die stadsraad het daarop gedui dat daar nog geen nuwe verwikkelinge is oor die hantering van standbeelde in die stad nie, en ook nog geen besluite geneem is oor die vier standbeelde wat onlangs deur die Moolmangroep verwyder is by Library Gardens nadat een met verf beskadig is nie.

 

Pieces of history tainted

DA calls for the protection of statues in Lim

 

Related Articles

Back to top button