Review bruidspaar vier steeds die lewe

Die tyd gaan verskriklik vinnig verby. Ons organiseer steeds ons troufoto's en voel of ons nog in ons wittebroodfase is."

POLOKWANE – Die meeste jong meisies droom in een of ander stadium van ‘n feeprinsestroue met haar ridder aan haar sy.

Vir Bernadine du Preez (née Hugo) het die droom ietwat anders uitgewerk toe sy in November 2013, vyf maande voor haar troue met Gert, met servikale kanker gediagnoseer is. “Ek moes operasies ondergaan en ons het die geld wat ons vir die troue gespaar het asook die geld vir die wittebrood, vir die operasies gebruik. As gevolg van die behandeling wat ek moes ondergaan, het ons besluit om die troue na Augustus uit te stel, maar later het ons besef ons finansies is baie beperk.”

Dit was hier wat Review ingetree het en vir die paartjie ‘n troue geborg het.

Bernadine onthou die reis vanaf haar eerste verskyning in Review tydens die Blommiefees wat deur haar suster, Marcia, en vriendinne gehou is tot die dag wat sy en Gert trou aan mekaar beloof het, soos gister. “Die tyd gaan verskriklik vinnig verby. Ons organiseer steeds ons troufoto’s en voel of ons nog in ons wittebroodfase is.”

Lesers kan onthou dat hulle tot kort voor die troue nie op wittebrood sou gaan nie, maar dat Bernadine by haar kombuistee ‘n vakansie by Umhlanga Rocks vir vier dae as geskenk gekry het. “Ons verhouding is dieselfde as voor die troue, maar ek voel ouer as mense vir my sê ‘Mevrou’. Ek is nou heeltemal gesond.”

Gert vertel dat die getroude lewe vir hom heerlik is. “Ek is liewer vir Bernadine as ooit. Ek sal nie weer wil trou nie, ek is mos klaar getroud,” lag hy. “Natuurlik sal ek weer met hom trou… as Review weer die troue reël,” skerts Bernadine.

Bolivia Lodge borg Bernadine se dag

Musiek is mos ‘n liefdestaal

Alusha Art verseker ‘n bloesende bruid

‘n Trourok waarvan sy ‘net kon droom’

Goseame sorg vir Bernadine se blomme

Bernadine kry ‘n fotograaf om ‘n sprokiesdag op film te verewig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version