Reaksie-offisiers werk as ‘n span om dief vas te trek

N VERDAGTE is in die vroeë ure van Maandagoggend, 4 Mei danksy die samewerking van Strike Force Sekuriteit en PJP Sekuriteit platgetrek.

MOKOPANE – ‘N VERDAGTE is in die vroeë ure van Maandagoggend, 4 Mei danksy die samewerking van Strike Force Sekuriteit en PJP Sekuriteit platgetrek.

Frans Motla en Dawid Pieterse, reaksie-offisiere van Strike Force, was op diens toe die beheerkamer hul in kennis stel van ‘n alarm wat afgegaan het by Mokopane Cellular in Thabo Mbekistraat.

“Toe ons op die toneel verskyn, het ons op ‘n rekenaar en ‘n sak met selfone afgekom wat buite die winkel gelê het. Ons het die Mokopane-polisie en die eienaar van die winkel gekontak, waarna ons ondersoek ingestel het. William Mathe, Gift Kutumela en Macdonald Moabelo, reaksie offisiere van PJP Sekuriteit, het op die toneel verskyn en verdagtes op die dak sien hardloop. Ons het saam gewerk en Mathe het een van die verdagtes in die toilet platgetrek, waar hy weggekruip het,” sê Pieterse.

“Die 31-jarige Thabo Mabotja is deur die Mokopane polisie gearresteer en sal voor die Mokopane-landdroshof verskyn, sodra die ondersoek voltooi is,” sê lt. kol. Malesela Ledwaba.

Exit mobile version