Bosveld NewsCrimeNews

Reaksie-bestuurder met mes in die arm gesteek

N BESTUURDER van Special Operations Solutions (SOS) is op Saterdag, 2 Mei na die Voortrekkerhospitaal gejaag nadat hy met 'n mes in die arm gesteek is.

MOKOPANE – ‘N BESTUURDER van Special Operations Solutions (SOS) is op Saterdag, 2 Mei na die Voortrekkerhospitaal gejaag nadat hy met ‘n mes in die arm gesteek is.

Martin van Eck, reaksie-bestuurder, was op diens toe hy reageer op ‘n alarm by een van die kleinhoewes in die Percy Fyfe area.

“Ek het om die perseel geloop en ‘n gat in die draad gewaar, maar daar was geen verdagtes binne in die erf nie.

“Ek het die spoor na die weste kant van die huis gevolg en min of meer 300m van die perseel het die twee verdagtes agter ‘n bos uitgespring. Die een het my met ‘n mes in my linkerarm gesteek.

“Ek het in selfverdediging ‘n skoot afgevuur en die verdagte in die skouer getref, waarna die verdagtes toe weghardloop. Ek het twee waarskuwingskote afgevuur en terug gehardloop na my voertuig om vir hulp te roep.

“Die Percy Fyfe-buurtwag het op die toneel verskyn en ons het die bloedspoor van die verdagte gevolg, na waar die verdagtes per voertuig weggejaag het,” sê Van Eck.

Van Eck het ‘n saak by die Mokopane-polisie gaan oopmaak.

“‘n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is oopgemaak. Die saak word ondersoek en geen arrestasie is sover gemaak nie,” sê lt. kol. Malesela Ledwaba, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder.

Martin Van Eck moes ses steke gekry het nadat hy met 'n mes deur 'n verdagte gesteek is.
Martin Van Eck moes ses steke gekry het nadat hy met ‘n mes deur ‘n verdagte gesteek is.

Related Articles

Back to top button