Weerlig in Peninapark laat palmboom vlamvat

Op Maandag, 11 Mei, omstreeks 14:00 het die weer onverwags opgesteek in Polokwane en 'n palmboom voor 'n huis in Letabarylaan raakgeslaan.

POLOKWANE – Op Maandag, 11 Mei, omstreeks 14:00 het die weer onverwags opgesteek in Polokwane en ‘n palmboom voor ‘n huis in Letabarylaan raakgeslaan.

Die boom het vlam gevat en begin brand.

Volgens Marcia Hugo, inwoner van die huis waar die boom staan, het haar bediende haar benoud gebel met die nuus.

Die buurman het intussen met ‘n tuinslang probeer om die vlamme te blus en die Polokwane Brandweer was blitsig op die toneel.

“Behalwe vir die swart roet is daar nie skade nie. ‘n Deel van my huis asook die buurman oorkant die straat se huis se elektrisiteitstoevoer is egter afgesny. Ek wil nou die boom verwyder,” vertel sy.

Exit mobile version