‘Kinky’ vir jou troeteldiere

Plaaslike inwoner Adele Heinlein was die brein agter die Facebook-blad Lostandfoundlittlefriends wat daarop gemik is om verlore dierevriende met hul mense te herenig.

POLOKWANE – Plaaslike inwoner Adele Heinlein was die brein agter die Facebook-blad Lostandfoundlittlefriends wat daarop gemik is om verlore dierevriende met hul mense te herenig.

Gesels jy met haar, hoor jy van verskeie suksesverhale van gelukkige eienaars, en hul troeteldiere.

Uit die aard van die saak het ‘n saak soos hierdie talle uitgawes, en Adele het besluit om die rock groep Kinky Robot na Polokwane te bring om Lostandfoundlittlefriends se beurs te styf.

Nadat sy die hoofsanger, en ook aanbieder van Jakaranda 94.2 se middaggleuf, Martin Bester gekontak het, was dit ‘n geval van so gesê, so gedaan.

Binne drie weke het sy die vertoning gereël, by Southgate Lodge ‘n saal gereel, het CJ Entertainment ‘n deel van die klank-onkostes geborg en op Saterdag, 9 Mei, het belangstellendes gekom om die groep te sien optree.

Vroeg reeds het die vure buite gebrand en almal warm welkom geheet en hier en daar was selfs ‘n kat wat geweet het hy is nou tussen diereliefhebbers.

Kinky Robot het die verhoog betree en weggespring met gunstelinge soos Faceless en Naked van hul debuutalbum.

Hulle het ook liedjies van The Doors en David Bowie gesing en die gehoor aangemoedig om nie net hande te klap nie, maar ook saam te sing en sommer op te staan en te dans. Adele vertel dat te midde van ‘n gemiddelde opkoms was die aand wel ‘n sukses en dit haar ‘n hupstoot gegee het om vir “al die diere te sorg”.

“Dankie aan almal wat die aand moontlik gemaak het en wat Lostandfoundlittlefriends se Facebook-blad moontlik maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version