Bok van Blerk en Hanna verloor baba

Die babaseun van die sanger Bok van Blerk en sy aktrise vrou, Hanna Grobler, is dood gebore.

Die babaseun van die sanger Bok van Blerk en sy aktrise vrou, Hanna Grobler, is dood gebore.

 

Jenny Griesel, Van Blerk se agent, het die nuus Maandag bevestig en het namens die egpaar gevra dat hul privaatheid in die moeilike tyd gerespekteer moet word.

“Hanna en Bok se baba is ongelukkig stilgebore. Dit is nie seker wat die oorsaak is nie,” het Griesel bevestig.

Dit is nie bekend wanneer dit gebeur het nie.

Van Blerk en Grobler het aan die begin van die jaar aangekondig dat hul seun in Junie gebore sou word en ‘n stralende Grobler het trots met haar babamagie by die premiere van die egpaar se jongste film Somer Son gespog.

via Pretoria East Rekord
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version