Bobaasbasaar by Renosterpoort gehou

Berge groente en 'n verskeidenheid vrugtesoorte het besoekers verwelkom met hul aankoms Saterdag by die N.G. gemeente Renosterpoort se basaar.

 

POLOKWANE – Berge groente en ‘n verskeidenheid vrugtesoorte het besoekers verwelkom met hul aankoms Saterdag by die N.G. gemeente Renosterpoort se basaar. Die ontbyt, ‘n bordvol “boerebrêkvis” was ‘n groot trekpleiser vir die feesgangers saam met ‘n koppie boeretroos. Daar was stalletjies na almal se smaak.

Daar was pannekoek-, tert-, vetkoek en maalvleistafels, ‘n witolifant-tafel, ‘n kindertafel met speelgoed en die jongspan kon ook hulle gesigte laat verf.

Die beskuit, groot koeke en kleinkoekies het blitsvinnig van die tafels verdwyn soos wat feesgangers dit opgeraap het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version