Local NewsNews

Takies by wildsentrum

Plaaslike inwoner Louise Jansen is ‘n paar jaar gelede met borskanker gediagnoseer. Sy het na behandeling ten volle genees en ‘n organisasie sonder winsbejag, naamlik I CAN FIGHT gestig.

POLOKWANE – Plaaslike inwoner Louise Jansen is ‘n paar jaar gelede met borskanker gediagnoseer. Sy het na behandeling ten volle genees en besluit om haar plek in die samelewing vol te staan deur ‘n hand na ander uit te reik.

Die gevolg was ‘n organisasie sonder winsbejag, naamlik I CAN FIGHT gestig.
Verlede Saterdag het Louise en haar man Phil, saam met Jennifer Lategan van Curves Polokwane die kinders van Hoop vir Kinders na René Olivier se wildrehabilitasiesentrum, Crown Conservation and Rehabilitation Wildlife Centre, geneem om daar van die nodige takies te verrig.
“Die kinders het ook gekyk hoe van die diere, soos die aasvoëls gevoer word,” vertel Louise.
“Die kinders kon aan ‘n baba uiltjie raak.”
Van die kinders was dapper genoeg om in die aasvoëls se hok in te gaan terwyl hulle eet. Daarna het die kinders hokke skoongemaak, dammetjies gewas en die huis waar René die diere behandel ook skoongemaak. Die kinders het sommer vir die pret bokdrolletjies ook rondgegooi.
Hulle het verskeie diere gesien onder andere vyf verskillende spesies uile, ‘n arend, tierboskatte, aasvoëls, vaalbos-katte, ‘n rooikat, sivet, rooi valkie, klein valk en muskeljaatkatte.
“Dit was lekker dat die kinders die wild kon beleef en dat hulle kon sien dat daar mense soos René is wat hierdie diere ‘n kans gee in die lewe.
“Ek haal my hoed af vir wat René doen, dit kan nie maklik wees nie,” het Louise na afloop van die dag gesê.

Related Articles

Back to top button