NewsSchools

Gladdebek-Hansies deur na halfeind

DIE debatspanne van Hoërskool Hans Strijdom het hulself goed van hul taak gekwyt tydens die ATKV-Limpopo debatuitdunne op 15 April.

MOOKGOPHONG – DIE debatspanne van Hoërskool Hans Strijdom het hulself goed van hul taak gekwyt tydens die ATKV-Limpopo debatuitdunne op 15 April.

Die uitdunne is by Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong gehou. Die skole wat teen mekaar te staan gekom het, was Hoërskool Ellisras, Nylstroom, Pietersburg en Hans Strijdom.

Altesaam ses senior spanne van Hans Strijdom het almal onoorwonne uit die stryd getree.

Drie spanne is aangewys om Limpopo by die halfeindstryd in Witbank te gaan verteenwoordig waar die leerders vir die nasionale kompetisie aangewys sal word.

Baie geluk en sterkte aan Johan Becker en Zarco Scherman; Ruben en Stefan Pretorius en Ilse Gravett en Jodene van Wyk wat die Hansies en Limpopo daar gaan verteenwoordig.

Hans Strijdom se juniordebatspanne het net so goed gedoen.

Vier spanne is aangewys vir die halfeindronde en twee daarvan kom uit Hansieland.

Baie geluk en sterkte aan Cecilia Pauer, Ilke Pienaar, Shane Pinto en Chanri Booyse, Skye Bester en Zanelle Moller.

Die kultuur by Hoërskool Hans Strijdom is kookwater – daar is so pas ‘n kultuurmuur opgerig waarop 35 uitnemende prestasies op nasionale vlak aangebring is om hierdie leerders se prestasies te salueer.

Related Articles

Back to top button