Local NewsNews

Met helikopter reik sy na haar droom

Talle mense droom daarvan om in 'n helikopter of vliegtuig te vlieg. Dit is egter nie vir almal beskore nie.

POLOKWANE – Talle mense droom daarvan om in ‘n helikopter of vliegtuig te vlieg. Dit is egter nie vir almal beskore nie.

Op Woensdag, 15 April, is hierdie droom bewaarheid toe die Reach for a Dream-stigting gereĆ«l het dat Brooklynne Lange (3) saam met haar ouers, Mario en Bonita, in ‘n polisiehelikopter oor die stad vlieg.

Die Reach for a Dream-stigting is ‘n organisasie sonder winsbejag wat hulle daarop toespits om drome van kinders tussen drie jaar en 18 jaar, wat met ‘n lewensbedreigende siekte gedianoseer is, waar te maak. Brooklynne is op 11 maande met neuroblastoom gediagnoseer. Bonita vertel dat sy reeds toe Brooklynne drie maande oud was, ‘n knoppie aan die regterkant van haar lae-maag gevoel het en dat dokters toe ondersoek ingestel het, maar niks fout kon kry nie.

“Kort voor sy 11 maande oud geword het, het ek weer vir haar ‘n afspraak by die dokter gemaak, maar die aand voor die tyd is ek met haar na ongevalle, want sy het ‘n keelinfeksie gehad.

Hier het ek die dokter gevra om weer na die knoppie te kyk. Daar is weer toetse gedoen en toe bevind dat dit kanker is.” DiĆ© soort kanker is moeilik om te diagnoseer en groei op die senuwees wat dan op die organe druk.

Brooklynne se regternier is verwyder en sy moes vir twee jaar lank chemoterapie ontvang. “Reach for a Dream het vir Brooklynne gevra om drie wense vir hulle deur te gee,” vertel Mario. “Sy het net twee wense gehad – ‘n pophuis en ‘n rit in ‘n helikopter. Sy is reeds van kleins af baie lief vir vliegtuie en helikopters. Sy huil hartverskeurend as ons by die lughawe kom en sy kan nie vlieg nie.”

Kapt. Eurika Nieuwoudt, nasionale kommunikasebeampte by die Suid-Afrikaanse Polisiediens, vertel dat hulle die diens verniet aanbied vir Reach for a Dream.

“Ons het die geriewe om dit te doen en het besluit dit is ‘n goeie idee. Ons hou daarvan om te gee.”

Brooklynne was vreeslik opgewonde en kon nie ‘n woord uitkry nie. Bonita vertel dat Brooklynne na die vlug vol glimlagte was en nie uitgepraat kon raak van die rit nie. “Ek dink dit was baie oorweldigend vir haar. Sy vertel vir almal daarvan,” het haar ma gesĆŖ.

Related Articles

Back to top button