NewsSchools

Klein Einsteins prettig en plesierig

Op Vrydag, 10 April was dit 'n verfpalet van kleur by Klein Einstein Dagsorgsentrum.

POLOKWANE – As juffrou haar gesig verf en soos ‘n hanswors aantrek, weet kleuters dit gaan ‘n dag wees propvol pret en plesier.

Op Vrydag, 10 April was dit ‘n verfpalet van kleur by Klein Einstein Dagsorgsentrum.

Die personeel was hansworse en Disney-karakters terwyl die kleuters boeresport geniet het.

Vroeg reeds het die boeresport afgeskop met kleuters en vakansiesorgkinders wat die hindernisbaan moes aanpak en ‘n eier-en-lepelresies baasraak.

Elke ouderdomsgroep het aan verskillende items deelgeneem. Die twee tot drie-jariges moes hulle gesiggies in meel druk en ‘n lekker met hul mond uithaal.

Party kon die meel in hul gesiggies aandurf, maar ander het besluit om veel eerder hul handjies te gebruik.

“Ons speel baie lekker vandag. Ek kan nie wag tot dit weer vakansie is nie,” het een van die vakansiesorgkinders, Chani Brittion, opgemerk.

Na al die speel het die kinders heerlik piekniek gehou. Klein Einstein Dagsorgsentrum bedank al die ouers vir hul bydrae.

Related Articles

Back to top button