Local NewsNews

Gestewel, gespoor is dié ‘perdedok’

Wanneer jou liefde vir perde én die mediese veld ewe sterk is en jy 'n loopbaan moet kies, maak jy 'n plan. Dit is presies wat veterinêre fisioterapeut Hesti de Witt (22) gedoen het.

POLOKWANE – Wanneer jou liefde vir perde én die mediese veld ewe sterk is en jy ‘n loopbaan moet kies, maak jy ‘n plan.

Dit is presies wat veterinêre fisioterapeut Hesti de Witt (22) gedoen het.

Sy het reeds vroeg in haar lewe geweet sy wil met perde werk, en die oorvleueling daarvan met fisioterapie was ‘n natuurlike stap.

Hesti is ‘n oud-leerder van Hoërskool Pietersburg en het later tuisonderrig ontvang. Haar vakke het sy juis so gekies dat sy landbou, biologie, wetenskap en wiskunde kon neem – vakke wat sy vir latere studies sou benodig. Na skool is sy na Plettenbergbaai waar sy by die Equine-Librium Veterinary Physiotherapy College and Clinic onder professor Sybrand van den Berg studeer het.

Dit, vertel Hesti, was ‘n baie duur vier jaar maar deur en deur die moeite werd.

Hier het sy ook geleer hoe om met honde en katte te werk, maar sy vertel dat haar liefde vir perde die oorhand kry. Hesti het haar kursus verlede jaar voltooi en vertel dat, al het sy nog nie baie perde waarna sy omsien nie, sy besig is om dié bedryf bekend te stel. “Veral in Polokwane is dit nog ‘n nuwe konsep. Die perdetelers en mense wat met perde kompetisies toe gaan weet wel dat daar meer as net dokters by perde betrokke is. Die mense wie se honde en katte fisioterapie benodig, is minder.” Veral perde-eienaars kontak haar gewoonlik wanneer ‘n perd nie meer soos voorheen presteer nie.

Sy borrel oor van geesdrif.

“Ek dink dit is die beste werk in die wêreld. Ek werk onder verwysing van veeartse en het ‘n goeie verhouding met die veeartse. Ek druk letterlik die spiere en leer die perd om weer te laat werk.” Indien in dieselfde plek, kan sy tot agt perde op ‘n dag behandel.

” Ek werk met ‘n perd tot ek tevrede is. Ek gee die kliënt wat hy nodig het,” vertel sy trots.

Related Articles

Back to top button