Local NewsNews

Belangrik om ‘n goeie balans te handhaaf

Kansa hou in Maart en April 'n veldtog oor die handhawing van 'n gebalanseerde lewenstyl.

POLOKWANE – Kansa hou in Maart en April ‘n veldtog oor die handhawing van ‘n gebalanseerde lewenstyl.

Die doel van hierdie veldtog is om belangrike inligting oor te dra oor die handhawing van ‘n proaktiewe en gebalanseerde lewenstyl om die risiko vir kanker te verminder.

Elize Joubert, Kansa se hoofuitvoerendebeampte, verduidelik: “Dieet en ‘n gebalanseerde lewenstyl speel ‘n baie belangrike rol in die vermindering van die risiko van kanker en Kansa wil Suid-Afrikaners so saam met Wêreldgesondheidsdag op 7 April inlig en bemagtig met wenke wat ‘n verskil kan maak.” Volgens Kansa is daar vyf gedragspatrone wat sleutelfaktore is vir die bevordering van gesondheid, die handhawing van ‘n gesonde lewenstyl en die vermindering van kankerrisiko.

“Eet slim deur daagliks ten minste vyf porsies vrugte en groente in te neem. Beperk die inname van jou sout sowel as jou suiker en ook kos wat suiker bevat,” raai Sharon Stander, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa Limpopo aan.

“Maak veselryke stysel en volgraan voedselprodukte die basis van die meeste maaltye en eet suiwelprodukte en proteïene van dierlike oorsprong in matigheid.”

Stander raai lesers ook aan om ‘n gesonde gewig te handhaaf. Volgens Kansa is alle tabakprodukte is skadelik vir die gesondheid.

Kansa help mense om op te hou rook en moedig mense ook aan om op te hou rook. “Maak seker jy is veilig in die son. Oormatige blootstelling aan die son kan velkanker veroorsaak. Vermy die gebruik van sonbeddens en verbruiningsmiddels wat jou vel verbruin en wat melanotan bevat. Kies Kansa se Smart Choice en SunSmart produkte wat jou teen sonbrand sal beskerm,” raai Stander aan.

“Doen gereeld selfondersoeke om borskanker, testikulêre kanker en velkanker betyds op te spoor. Gaan gereeld vir siftingstoetse en doktersondersoeke vir die vroeë opsporing van kanker. Laat jouself inent teen hepatitis B en menslike papilloom virus om jou risiko van lewer- en servikale kanker te verminder.” Water moet veilig wees en lesers word aangeraai om na vervaldatums by gebottelde water op te let.

Kansa Polokwane het tot dusver geen definitiewe planne om iets spesifiek te doen tydens die veldtog nie. Stander sê dat hulle wel voor die einde van April iets beplan. Vir eers is hulle beskikbaar vir inligting.

Related Articles

Back to top button