NewsSchools

(KYK VIDEO) Osieteddies sê van hulle fliekplesier

Review het gaan inloer by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum oor die Aprilskoolvakansie en vir die jonges gevra wat is die hul gunsteling fliek of TV-program?

POLOKWANE – Die rolprentbedryf is gróót.

En animasiefilms se aandeel tot lang rye by die fliek kan beslis nie betwyfel word nie as mens kyk na lokettreffers soos Frozen en Planes.

Review het gaan inloer by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum, waar kleuters heerlik besig gehou is oor die Aprilskoolvakansie.

Wat is die jonges se gunsteling fliek of TV-program?

Die vier- en vyfjarige Osieteddies is aan die beurt.

Nog videos hier https://bit.ly/1EfoFGi

Hanru Botha (5).
Hanru Botha (5).

Hanru Botha vertel dat Bubble Guppies sy gunsteling kykverdryf op televisie is.

Hy vertel dat dit handel oor vissies in die skool en dat hy baie daarvan hou. Sy gunsteling liedjie is Spiderman (Superhero van Eden), maar hy weet nie hoe om dit te sing of daarop te dans nie.

Nico Botha (4).
Nico Botha (4).

“Bumblebee is my gunsteling fliek want ek hou van hom. Batman (Superhero van Eden) is my gunsteling liedjie. Hy is op my pa se foon,” vertel Nico Botha.

Chloe O'Linsky (4).
Chloe O’Linsky (4).

Vir Chloe O’Linsky is Barbie ‘n baie mooi fliek. “Ek het dit al baie gekyk. Barbie is ook my gunsteling liedjie en pienk is my gunsteling kleur,” vertel sy.

 

Nog kinders vertel van hul gunsteling flieks en TV-programme. Lees Review Midweek

Related Articles

Back to top button