Lens sy plesier

Al hoe meer inwoners van die stad neem deesdae fotografie op as stokperdjie. Willem Davel is egter 'n deurwese fotograaf wat al jare lank hierdie stokperdjie beoefen.

POLOKWANE – Al hoe meer inwoners van die stad neem deesdae fotografie op as stokperdjie.

Willem Davel is egter ‘n deurwese fotograaf wat al jare lank hierdie stokperdjie beoefen.

“Op universiteit het ek ‘n kamera gekry om projekte af te neem en só het die liefde gegroei,” vertel dié stadsbeplanner.

Willem is tans voorsitter van die Pietersburg Fotografieklub.

Die klub het sy ontstaan in 1949 gehad met bekende name soos Jack Botes en Dries Kühn wat deur die jare lede was.

Tans is daar sowat 50 ingeskrewe lede maar sleg 25 van hulle is aktief betrokke by die klub se aktiwiteite.

“Ons is internasionaal geaffilieer en ons standaarde is gebaseer op internasionale standaarde,” sê Willem.

Die klub kom een keer per week bymekaar en een keer per maand word die foto’s geëvalueer deur verskillende senior fotograwe.

Ook bied die klub opleidingskursusse en word daar in September ‘n kongres aangebied in Magoebaskloof waarby Helgard Malan, bekende in die fotografiewêreld, betrokke is. Die klub probeer om leerders betrokke te kry by hul doen en late.

Willem vertel hy spesialiseer in landskappe, aksiefoto’s en portrette en dat hy tans ‘n Pentax K20 kamera gebruik.

“My eerste kamera was ‘n Pentax en ek is baie lief vir dié kamera. Vir die klub kan jy enige kamera gebruik.

“Jy hoef nie de nuutste en duurste te hê nie.

“Jy moet die klub lei en sorg dat die klub dinamies bly.”

Hy was voorheen voorsitter van die Pietersburg Fotografieklub en vertel dat dit harde werk kan wees.

“Jy doen baie goed agter die skerms waarvan ander mense nie eers weet nie,” verduidelik hy.

As fotograaf vertel Willem dat sy familie al geleer het om geduldig met hom te wees.

Hy gaan gedurig terug na dieselfde plekke, of wag ure vir ‘n foto.

Vir fotograwe is daar heelwat kans vir groei binne die klub.

Die juniors leer by die seniors en foto’s word op Salon-standaard geëvalueer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version