NewsSchools

Die kaskarwiele sing

Verlede Woensdag het Laerskool Louis Trichardt die eerste skoolkwartaal afgesluit met 'n kaskarwedren.

LOUIS TRICHARDT – Verlede Woensdag het Laerskool Louis Trichardt die eerste skoolkwartaal afgesluit met ‘n kaskarwedren.

Die beplanningskomitee het vroeg in die kwartaal reeds begin beplan aan hierdie geleentheid waarna die hele skool elke jaar uitsien.

Verlede Woensdag het die leerders in klasverband teen mekaar deelgeneem. Elke klas het op sy eie tema besluit en hul staanplekke daarvolgens versier.

Die kaskarwedren het begin met ‘n optog om die baan waar hulle toeskouers en ander deelnemers verstom het met hulle indrukwekkende versierings en oorspronklike temas.

Gr. 1X se monsters het die juniorgeesbeker gewen, terwyl gr. 5A se superhelde die senior eweknie gewen het.

As deel van die kaskarpret het die leerders ook elkeen ‘n boekie gevul met lotingskaartjies gekry wat hulle teen R20 per kaartjie moet verkoop. Die trekking word later vanjaar gehou en daar is wonderlike pryse op die spel.

Pryse:

• ‘n Seevakansie vir agt persone vir 14 dae in Jeffreysbaai.

• Sewe nagte verblyf vir twee persone by La Montagne, Ballitobaai.

• Twee rooibokke, een koedoekoei en een blouwildebees.

• Naweek-akkommodasie vir ses persone asook ‘n jagpakket van twee rooibokke.

• Naweek-akkommodasie op ‘n wildsplaas in Vivo.

• Een graad-A lam.

• ‘n Bergfiets.

• ‘n Maand-vleispak.

• Twee speenvarke.

• Een rooibokkarkas.

• ‘n sonbril.

Leerders probeer hard om soveel kaartjies en boekies te verkoop as wat hulle kan want die leerder wat die meeste kaartjies verkoop ontvang ook ‘n kontantprys. Elke leerder wat ‘n volle boekie se kaartjies verkoop, sal ‘n opvoedkundige uitstappie na Forever Resorts Tshipise wen.

(MEER FOTO’S)

Related Articles

Back to top button