PHS weereens vereer

Hoërskool Pietersburg (PHS) is weereens vereer vir die uitstekende uitslae wat hierdie spogskool in die matriekeksamen behaal het verlede jaar.

OLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) is weereens vereer vir die uitstekende uitslae wat hierdie spogskool in die matriekeksamen behaal het verlede jaar.

Die skool is onlangs tydens twee verskillende toekennings-geleenthede vereer.

Op 17 Maart het die skool se hoof, Willie Schoeman, die burgemeester van die Capricorn Distriksmunisipaliteit se spesiale Burgemeesterstoekenning gekry vir uitstaande prestasies gelewer in die 2014 akademiese jaar.

Hy het hierdie spesiale toekenning ontvang tydens ‘n seremonie wat die munisipaliteit by Bolivia Lodge aangebied het.

Tydens nog ‘n seremonie by die Pietersburg Comprehensive School op 20 Maart, is twee van PHS se onderwysers deur die departement van onderwys vereer vir die goeie werk wat hulle verlede jaar gedoen het en die uitstekende matriekuitslae wat hul leerders behaal het.

Karlien Malan is aangewys as beste rekeningkunde-onderwyser is Limpopo, terwyl Irma Roodt as beste ekonomiese bestuursweten-skappe-onderwyser aangewys is.

Karlien Malan en Irma Roodt is amptelik Limpopo se beste onderwysers in rekeningkunde en ekonomiese bestuurswetenskappe onderskeidelik. Hulle het hierdie toekennings ontvang van die departement van onderwys tydens ‘n toekenningseremonie op 20 Maart.
Exit mobile version