Local NewsNews

VLU bekoor by dié ouetehuis

DIE Potgietersrus-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het gesorg vir 'n dag vol pret en plesier ter viering van die Piet Potgieter Monument Ouetehuis se 50ste verjaardag verlede Donderdag.

MOKOPANE – DIE Potgietersrus-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het gesorg vir ‘n dag vol pret en plesier ter viering van die Piet Potgieter Monument Ouetehuis se 50ste verjaardag verlede Donderdag.

Die oggend het sommer vroeg afgeskop met ‘n hope gees, gedurende ‘n ronde van die gewilde ou speletjie, telefoontjie.

Elke aktiwiteit is ten volle deur al die inwoners geniet en die dag het bestaan uit hope pret, baie gelag en vir die VLU was dit een groot plesier.

“Ons bedank die VLU, vir hulle onbaatsigtige diens en hulp deurlopend en dat hulle ons inwoners altyd bederf,” het Mariana Van Tonder, die ouetehuis se bestuurder, na die tyd gesê.

Related Articles

Back to top button