Local NewsNews

Mokopane herdenk die opstanding

DIE kruisiging en opstanding van ons Here Jesus is Dinsdag middag deur saamloop en saamsing herdenk.

MOKOPANE – DIE kruisiging en opstanding van ons Here Jesus is Dinsdag middag deur saamloop en saamsing herdenk.

Ds. Chris Harris en Daniel Makubela, van die N.G. Hulp en Hoop gemeente het die voortou geneem by die jaarlikse paasoptog en het tesame met byna 200 kinderstemme en inwoners van Mokopane luidkeëls verkondig dat Christus die dood oorwin het.

Skoolkinders van verskeie kleuter- en laerskole asook leerders van Hoërskool Piet Potgieter het aan die jaarlikse tradisie deelgeneem en van hulle is op vragmotors en donkiekarre vervoer wat versier is met kruise en harte wat die liefde van God, wat sy enigste seun gestuur het om vir ons sondes te sterf, uitgebeeld het.

Hierdie optog deur die strate van Mokopane word begelei deur die verkeersbeamptes en herinner die gemeenskap opnuut aan die doel van paasvieringe. “Ons bedank almal wat die dag bygewoon het en vir almal se positiewe gesindheid,” sê Harris.

Related Articles

Back to top button