CrimeNews

Limpopo-egpaar op plaas met breekysters aangeval

Egpaar in hul huis buite Mookgophong (Naboomspruit) aangeval, met ysters geslaan en met kragkoorde vasgebind.

In die soveelste plaasaanval vandeesweek in Limpopo is ’n egpaar Donderdagaand in hul huis buite Mookgophong (Naboomspruit) aangeval, met ysters geslaan en met kragkoorde vasgebind raporteer Netwerk24.

David Naude (62), ’n oudbankbestuurder wat verswak is ná ’n beroerte, is met ’n breekyster teen die kop geslaan.

Ina Naude (62) is met ’n mes gedreig deur vyf mans wat kort voor middernag by die plaashuis ingebreek het.

Vossie Vosloo van Die Spoorsnyers, ’n private veiligheidsmaatskappy wat die polisie bystaan, sê die aanvallers het ’n lang stok, met ’n tou wat aan die punt vasgemaak was, gebruik om die sleutels vir die hek, wat teen die muur gehang het, af te haal. Hulle het toe die Naude’s in hul bed oorval.

Die mans het die huis geplunder. Kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, het op ’n navraag van Netwerk24 gesê R1 000, ’n TV, twee selfone, juwele en ’n 38 Special-rewolwer is gesteel.

Die Naude’s is te getraumatiseer om oor die aanval te praat.

Otto het gesê niemand is in hegtenis geneem nie.

Lees vol berig

Related Articles

Back to top button