NewsSchools

Kruinies gee taal lewe

“Liewe gedig, bly by my. Moet my nie nou so na aan die einde in die steek laat nie.” Met hierdie woorde is vanjaar se Tong en Taal-konsert Vrydagaand by Curro Heuwelkruin geopen.

POLOKWANE – “Liewe gedig, bly by my. Moet my nie nou so na aan die einde in die steek laat nie.”

Met hierdie woorde is vanjaar se Tong en Taal-konsert Vrydagaand by Curro Heuwelkruin geopen.

Die Tong en Taal-konsert word sedert 2008 jaarliks deur dié skool aangebied. Hier kry Afrikaanse gedigte en prosa lewe deur die vertonings van leerders.
Die konsert het gegroei van 10 deelnemers in 2008 tot 85 leerders op die verhoog verlede jaar.

Vanjaar het Nicole Senekal, drama-onderwyser en Tong en Taal-regiseur, besluit om slegs gebruik te maak van 22 leerders van gr. 8 tot 12.
“Die droom van die projek is om leerders weer lief te maak vir poësie en dit op ‘n professionele manier te doen,” het Nicole vertel.

“Elke leerder in die produksie beskik oor ‘n fenomenale talent om die regte poësie te verstaan en dit op die verhoog weer te gee. Ek is verskriklik trots op hierdie geselskap,” het sy gesê.
Nicole het vertel dat die groep slegs sewe keer bymekaar gekom het om te oefen.

Die groep het 29 gedigte opgevoer en die gehoor teruggevoer in tyd asook vermaak met gedigte van die hede.
Gedigte soos Brief uit die Do-desel, Die Wêreld het so Klein Ge-word en Kan ek Myself ‘n Digter Noem het kleur gekry.

Claudi van Niekerk het Staan Op voorgedra en aan die gehoor bewys dat almal al iewers swaar gekry het en dat hulle niemand alleen swaarkry nie.
Die groep het afgesluit met die gedig Ek Skryf Omdat Ek Gatvol Is, en ‘n staande toejuiging van die gehoor gekry.

Die Tong en Taal-geselskap. Nicole Senekal (regisseur) sit gemaklik tussen die leerders op wie sy so trots is.
Die Tong en Taal-geselskap. Nicole Senekal (regisseur) sit gemaklik tussen die leerders op wie sy so trots is.

(FOTO’S)

Related Articles

Back to top button