NewsSchools

Rugbyspelers word kelners vir die dag

Amarillo Spur in Mall of the North het verlede Dinsdag gewemel van rugbyspelers toe die o/16-rugbyspan van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé daar kelner gespeel het.

POLOKWANE – Amarillo Spur in Mall of the North het verlede Dinsdag gewemel van rugbyspelers toe die o/16-rugbyspan van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé daar kelner gespeel het.

Die doel van die tydelike kelners was om geld in te samel vir hul rugbytoer na Potchefstroom van 29 Maart tot 2 April.

Die spelers, wat flink is met ‘n rugbybal in hul hande, was hier en daar onhandig met die skinkborde, maar hulle het die probleme gou oorkom. Uiteindelik het hulle vinnige en vriendelike diens aan klante gelewer.

Die spelers het ook ‘n paar liedjies saam met die Spur se kelners gesing om gees te bou en om iemand wat verjaar het se aand op te vrolik.

Danksy klante se donasies en stewige fooitjies het die spelers se toerfonds ‘n goeie hupstoot gekry.

Ruben Kruger, 'n speler  van Tom Naudé se o/16-rugbyspan is besig om wegneemete-houers aan te dra.
Ruben Kruger, ‘n speler van Tom Naudé se o/16-rugbyspan is besig om wegneemete-houers aan te dra.
Patrick Maraba skryf 'n klant se bestelling neer.
Patrick Maraba skryf ‘n klant se bestelling neer.
John-Clyde Wiggel hou sy lyf pure kelner, kompleet met 'n lappie oor die skouer, tydens Tom Naudé se o/16-rugbyspan se fondsinsamelingsprojek vir 'n opkomende rugbytoer by die Amarillo Spur in Mall of the North verlede Dinsdag.
John-Clyde Wiggel hou sy lyf pure kelner, kompleet met ‘n lappie oor die skouer, tydens Tom Naudé se o/16-rugbyspan se fondsinsamelingsprojek vir ‘n opkomende rugbytoer by die Amarillo Spur in Mall of the North verlede Dinsdag.

(MEER FOTO’S EN VIDEO)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button