Tuinbouers se bergavontuur

Saterdagoggend het die lede van die Pietersburg Tuinbouklub 'n besoek aan Haenertsburg en Magoebaskloof afgelê.

POLOKWANE – Saterdagoggend het die lede van die Pietersburg Tuinbouklub ‘n besoek aan Haenertsburg en Magoebaskloof afgelê.

Alhoewel die uitstappie beplan was vir lede van die klub, was nie-lede ook welkom.

Volgens Linda Liebenberg, een van die klublede, was die rit na Haenertsburg vol opwinding en afwagting.

“Nadat die groep die pragtige dorpie, Haenertsburg, se strate ingevaar het, het ons vertrek na die asemrowende Kuhestan Organic Farm waar ons heerlik kon piekniek hou.

“Shahrzad Hone, mede-eienaar van Kuhestan, het ons op ‘n toer deur haar pragtige tuin geneem.

“Dit was ‘n heerlike uitstappie saam met goeie vriende wat ‘n mooi tuin en die natuur waardeer.”

“Sy en haar man het die hele uitleg van hulle groot tuin self hanteer, asook die aanbou van baie eksklusiewe gaste-eenhede op hulle eiendom.

“Ons het selfs slaai uit haar organiese groentetuin geproe.”

“Die vroue het haar winkel baie geniet waar hulle Persiese vrugtestroop, rooskonfyt, ingelegte produkte en ander organiese produkte kon koop.

“Na die piekniek is ons na Blueberry Heights waar ons getrakteer is op die allerheerlikste bessiegeregte soos bloubessietert, bloubessiepannekoeke en roomys tot strope en nog baie meer lekkernye,” het Linda vertel.

“Die eienaars het spesiaal die plaas vir ons oopgegooi vir die dag en ons meer vertel van die organiese bloubessie-boerdery wat hulle bedryf.

“Ons het gehoor hoe hulle die bloubessies groei, snoei, oes en uitvoer.

“Daarna het ons na ‘n pragtige waterval, wat een van die voedingsare is na die Ebenezer dam, gestap,” het Linda vertel.

“Dit was ‘n heerlike uitstappie saam met goeie vriende wat ‘n mooi tuin en die natuur waardeer.

“Dankie aan Marinda Le Roux en Barbara Horn vir die perfekte dag en uitstappie wat hulle georganiseer het,” het sy afgesluit.

Exit mobile version