Plaaslike sanggroep het jou hulp nou nodig

Dis nie aldag wat jong kunstenaars die geleentheid kry om op radio te gesels nie. Hierdie eer het vier studente van Rock Hard Music School te beurt geval.

POLOKWANE – Dis nie aldag wat jong kunstenaars die geleentheid kry om op radio te gesels nie.

Hierdie eer het vier studente van Rock Hard Music School te beurt geval.

Anneke Serfontein, Milan Moon, Nadine Artist en Petrich staan bekend as die B-Sharps en het verlede jaar in April opgetree by die Oppi Beach Rugby- en Musiekfees in Amanzimtoti.

Hier het Martin Nel hulle raakgesien en met liedjieskrywer Marius Dippenaar gepraat om vir dié groep liedjies te skryf.

‘n Hele paar van die B-Sharps se liedjies word gereeld op Radio Helderberg gespeel en dié stasie het hulle dus genooi om te sing tydens vier konserte in die Wes-Kaap.

Die konserte is gereel deur QBE Entertainment.

“Dit is ‘n geweldige eer wat hierdie studente te beurt geval het en ons is baie opgewonde,” het Jean Pierre Duvenhage, hul agent en afrigter, vertel.

Daar is egter ‘n demper op hul vreugde. Die B-Sharps het nie die nodige fondse vir hierdie toer nie. Volgens JP het hulle R30 000 nodig; dit sluit brandstof, etes en akkommodasie in.

“‘n Kerk in die Wes-Kaap gaan dalk vir ons ‘n fonds-insamelingsgeleentheid aanbied, maar ons wil ook graag sien wie in die gemeenskap ‘n hart van goud het. Hierdie kinders verdien om gehoor te word,” het JP gesê.

Die beplande toer vind van 8 tot 12 April plaas.

Bankbesonderhede:

Bank: Capitec.

Spaarrekeningnaam: B Sharps.

Rekeningnommer. 1410975167.

Takkode: 470010.

Exit mobile version