Local NewsNews

Tommie-klas samel meer as R5 000 in met karwasse en worsbroodjies

Die bestuur van Sasol Bendor het 'n totaal van R2 500 aan die gr. 12A-klas van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé oorhandig Vrydagoggend.

POLOKWANE – Die bestuur van Sasol Bendor het ‘n totaal van R2 500 aan die gr. 12A-klas van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé oorhandig Vrydagoggend.

Dit, nadat die leerders verlede Saterdag motors gewas het by Sasol Bendor se karwasfasiliteit. Die doel van die projek was om geld in te samel vir die skool se kaskarkompetisie wat op 30 April aangebied sal word.

Sasol Bendor en die leerders het ooreengekom dat ‘n gedeelte van die dag se karwasinkomste aan hul kaskarkompetisie geskenk sal word.

Die leerders het ook worsrolletjies verkoop as deel van hierdie fondsinsameling.

Die Tommies se gr. 12A-klas het altesame R5 395,10 ingesamel en hierdie bedrag sluit hul worsrolletjieverkope vir die dag en Sasol Bendor se skenking in.

Die klas het Sasol Bendor bedank vir hul ondersteuning, veral omdat dit die laaste jaar is wat hierdie leerders die kaskarkompetisie, wat al ‘n instelling by die skool is, kan geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button