Visarende kampeer

Gr. 10- en 11-verkenners van die Doornkraal Voortrekker-kommando het ‘n kommandokamp by Die Drift-kampeerterrein by-gewoon van 27 Februarie tot 1 Maart.

POLOKWANE – Gr. 10- en 11-verkenners van die Doornkraal Voortrekkerkommando het ‘n kommandokamp by Die Drift-kampeerterrein by-gewoon van 27 Februarie tot 1 Maart.
Die Visarende, soos  hierdie span verkenners bekendstaan, het die kamp baie geniet met speletjies en buitelugaktiwiteite wat elke uur van die kamp met pret gevul het.
Die Visarende is ook aangemoedig om maats wat nie Voortrekkers is nie saam te bring en uiteindelik het 88 mense die kamp bygewoon.
Voortrekkeroffisier Michelle Janse van Rensburg was die kampleier en het seker gemaak dat elke kampeerder die naweek geniet. Sy het vertel dat sy net soveel geleer het uit die ervaring as wat sy ander geleer het.
“Ek het geleer dat dit nie help om op kinders te skree nie. So kry mens niks reg nie,” het sy gesê.
Die Visarende en hul maats het met ‘n windbuks geskiet, geswem asook bal- en breinspeletjies gespeel. Die aandprogram het musiek-spele en ‘n dans ingesluit.
“Dit was ‘n heerlike ervaring en ek sal dit enige tyd weer doen,” het Michelle na die tyd gesê.

Exit mobile version