NewsSchools

Krisisvrye interhoër danksy dié span

DIE 52ste Bosveld Interhoër het sonder ernstige beserings verloop danksy die bekwame en vinnige optrede van Hoërskool Piet Potgieter se noodhulpspan.

MOKOPANE – DIE 52ste Bosveld Interhoër het sonder ernstige beserings verloop danksy die bekwame en vinnige optrede van Hoërskool Piet Potgieter se noodhulpspan.
“In die vyf jaar wat noodhulp op die been gebring is by die skool, is hierdie jaar se span van byna 20 lede nog die sterkste,” sê Wilma van Rooyen, organiseerder van die noodhulp en ook fisiese en natuurwetenskap onderwyser by die skool.
Die leerders is in Oktober deur Risk-med instrukteurs opgelei en gekeur op vlak een, twee en drie van noodhulp. Hulle moet 80% behaal vir hul teorie en 100% vir hul prakties in die eksamen om amptelik deur die departmente van mannekrag en arbeid gesertifiseer te word as deel van die noodhulpspan.
Volgens Wilma word die span voor en tydens elke byeenkoms weer opgelei in die verskillende afdelings en is hulle intensief voorberei vir die Bosveld Interhoër.
“Van die ernstigste gevalle wat ons tydens die interhoër behandel het, was ‘n gebreekte been en twee leerders wat as gevolg van dehidrasie ‘n drup moes kry. Ek is baie trots op die noodhulpspan wat vinnig en effektief opgetree het met elke voorval,” sê Wilma.
Wilma bedank die personeel van Risk-med en ook vir Gerda Hawken Roos, fisioterapeut, vir die hulp met die voorbereiding voor en tydens die interhoër. Sy bedank ook vir Trudie du Plessis, Gertru van der Walt en al die ouers vir hul ondersteuning.
“Ek bedank vir Paula Kruger, Linda du Plessis, Staurt Vale en Johan Lange wat die afgelope tyd my werk by die noodhulp vergemaklik het.”

Die noodhulpspan van Hoërskool Piet Potgieter het  tydens die 52ste Bosveld Interhoër puik diens gelewer.
Die noodhulpspan van Hoërskool Piet Potgieter het tydens die 52ste Bosveld Interhoër puik diens gelewer.
Gerda Hawken Roos, fisioterapeut, werk tydens die atletiekbyeenkoms.
Gerda Hawken Roos, fisioterapeut, werk tydens die atletiekbyeenkoms.

Related Articles

Back to top button