Gesin in rou na Anton se heengaan

‘N GELIEFDE jong man en oud-leerder van Hoërskool Piet Potgieter is Maandag dood aangetref in sy woonstel.

MOKOPANE – ‘N GELIEFDE jong man en oud-leerder van Hoërskool Piet Potgieter is Maandag dood aangetref in sy woonstel.

Anton de Vos (22) is die oudste seun van Francois en Magda de Vos. Die gesin is in rou gedompel deur Anton se skielike heengaan. Magda, het aan Bosveld gesê hy sal onthou word as ‘n sagte sensitiewe mens.
Hy het saam sy pa by Anglo American se myn buite die dorp gewerk. Die gesin gaan hom baie mis en onthou al die goeie tye saam.
Anton se begrafnisdiens is Saterdag om 10:00 vanuit die Hervormde Kerk op die hoek van Hooge en Voorstraat.
Hy laat sy ouers, asook sy susters, Angelique en Anél agter.

Exit mobile version