EntertainmentLifestyleNewsSchools

PHS 1stes werk by Nguni Grill

Die eetgerei en geldsakkies het Maandag by Nguni Grill geklinkel toe die eerstespanrugbyspelers van Hoërskool Pietersburg kelner gespeel het by dié gewilde restaurant.

POLOKWANE – Die eetgerei en geldsakkies het Maandag by Nguni Grill geklinkel toe die eerstespanrugbyspelers van Hoërskool Pietersburg kelner gespeel het by dié gewilde restaurant.
Die doel van die rugbyspelers se aand van swoeg en sweet was om fondse in te samel vir ‘n rugbytoer na die Wes-Kaap waar hulle teen bekende rugbyskole soos Paul Roos Gimnasium en Hoërskool Hottentots-Holland gaan rugby speel.
As deel van die toer sal hulle ook ‘n draai maak by die Springbok Rugbymuseum en die Twee Oseane Akwarium. Hulle beplan ook ‘n toer van die Nuweland Rugbystadion.
Die rugbyspelers het geld  vir hierdie toer ingesamel tydens hul kelnerbeurte by Nguni Grill deur ‘n groot ysbak by die uitgang neer te sit en klante se bydraes daarin te sit.
Die klante was baie beïndruk met die “kelners” se diens.

(MEER FOTO’S)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button