Local NewsNews

Skoonhede vier die liefde op loopplank

Vanjaar het Valentynsdag op 'n Saterdag geval en Sterretjie Beukes van Modelworks het besluit om die dag te vier deur 'n skoonheidskompetisie in die stad aan te bied.

POLOKWANE – Vanjaar het Valentynsdag op ‘n Saterdag geval en Sterretjie Beukes van Modelworks het besluit om die dag te vier deur ‘n skoonheidskompetisie in die stad aan te bied.

Deelnemers het van so ver as Louis Trichardt en Mankweng gekom om aan hierdie kompetisie deel te neem.

Die kompetisie het uit ses afdelings bestaan.

Sterretjie het die kompetisie by die Noordelikes Rugbyklub aangebied en die beoordelaars was Janie Wierenga, Bakkies van Vuuren, Irma Kidson en Das Viljoen.

“Ons wil baie dankie sê aan almal wat ‘n bydrae gemaak het en pryse geborg het, veral aan Nguni Grill en Leonie Meintjes.

“Dan ook dankie aan JP Everet wat die vermaak verskaf het terwyl die modelle verklee het.

“Baie dankie ook aan ons uitstekende fotograaf, Monique van Aswegen van Monnas Fotografie,” het Sterretjie gesê.

(FOTO’S)

 

Die wenners van die onderskeie kategorieë was:

• Juniormans, Cameron Gilburt.

• Senior mans, Lesetja Ledwaba.

• Mooiste Mevrou, Mathilda Janse van Rensburg.

• Mooiste Paar, Marchalize Beukes en Handré Gowar.

• Junior vroue:

1. Chanté Bosh.

2. Abigail Oosthuizen.

3. Megan Oosthuizen.

• Senior vroue:

1. Marchalize Beukes.

2. Sukoluhle Sibanda.

3. Mavis Ledwaba.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button