Local NewsNews

Inwoners vertel hoe die dae sonder water hulle geraak het

Review het inwoners op Facebook gevra hoe die watertekorte hulle geraak het.

POLOKWANE – Review het inwoners op Facebook gevra hoe die watertekorte hulle geraak het.
Van die antwoorde wat ontvang is:
• Marietta Els Boshoff: “Ek het gesien daar is mense wat met kanne, water by die brandkrane naby Nguni kry.”
• Alet Minnaar: “Ons moes kilometers ry om water te gaan haal en moes water koop. Dis ongerieflik en onaanvaarbaar!”
• Karien Smit Potgieter: “Ons koppel ons boorgat aan die huis dan moet jy elke keer die pomp gaan aan en afsit as jy die toilet wil spoel of skottelgoed was. Wonder wat gaan die kragrekening nou weer wees, dis pateties!”
• Tudie en Joél Lewis: “Ons moes al ons water by Oasis en Pick n Pay Cycad koop. Die waterkar wat op die hoek van De Wetstraat en Bendorrylaan gestaan het, was gou leeg.”
• Bernice Botha: “Dis ‘n groot gesukkel, want ek het ‘n 20-maande oue baba wat ek moet bad en kos gee. Krag was een ding, maar water is aaklig. Een van die dae broei daar nog siekte van al die vuil gemors waarin ons onsself nou vind.”

Related Articles

Back to top button