Local NewsNews

Vories geniet boeresport

Kaalvoet het die Voortrekkers destyds oor die Drakensberge getrek en so 'n tradisie van spanwerk, broederliefde en geesdrif begin.

POLOKWANE – Kaalvoet het die Voortrekkers destyds oor die Drakensberge getrek en so ‘n tradisie van spanwerk, broederliefde en geesdrif begin.

Vandag is die Voortrekkers volgens hulle manifes ‘n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder die jeug, bemagtig om as positiewe mense en konsekwente Christene suksesvol te wees. Elke lid kan sy volle potensiaal bereik deur geleenthede te gebruik om effektiewe persoonlike leierskap te ontwikkel.

Die Doornkraal Voortrekkerkommando in Polokwane bied aan hul lede geleentheid om lewenslesse te leer terwyl hulle ook baie pret het.

Verlede Dinsdag het die jonger geslag aan ‘n boeresportkompetisie deelgeneem terwyl hul ouers vergader het.

Hulle het tougetrek, bok-in-die-hok gespeel en eier-en-lepelresies gehardloop. Dit het veral groot pret afgegee toe die lede eiers vir mekaar gegooi het en ten alle koste probeer keer het dat die eiers breek.

Nadat almal stokflou gespeel was, het die offisiere heerlike sappige stukke waatlemoen uitgedeel. Die ouers het by hul kinders aangesluit en die braaivleisvure is aangesteek. Só het die Doornkraal Voortrekkers se jaar afgeskop.

“Ons wil die feit dat ons nie altyd ernstig is nie, maar dat die Voortrekkers ook pret kan hê beklemtoon,” vertel Venita Olivier, ‘n offisier.

MEER FOTO’S

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button