Local NewsNews

Krugies wys hul gee om met dié diere-projek

"DIERE kan nie vir hulself praat nie. Ons as mense moet die stem van die diere wees," sê Micheala Byliefeldt, 'n gr. 12-leerder van Hoërskool Piet Potgieter.

MOKOPANE – “DIERE kan nie vir hulself praat nie. Ons as mense moet die stem van die diere wees,” sê Micheala Byliefeldt, ‘n gr. 12-leerder van Hoërskool Piet Potgieter.

Micheala het in 2014 haar dog-projek gestig om ‘n bydra tot die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Mokopane te maak om die vereniging se finansiële krisis te verlig.

Toe die leerders van Laerskool Krugerpark te hore kom van hierdie merkwaardige projek wou hulle dadelik help. Die Krugies het 200 dog-plakkers, teen R10 per plakker, binne twee dae verkoop en R2 000 ingesamel. Die geld is Maandagoggend aan die DBV oorhandig.

Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV, het haar dank uitgespreek.

Micheala nooi die gemeenskap uit om vandeesmaand elke Woensdag van 17:00 tot 20:00 te gaan deelneem aan die Comanche Spur se Shadow-run, waar die dog-plakkers te koop is.

Vir nadere inligting rakende die projek kontak Micheala op (071) 589 9151 of volg haar Facebookblad, Micheala se Dog projek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button