Hondepille-skenking is welkom

DIE Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Mokopane is 'n halwe ton ryker aan kos vir die diere danksy die goeie daad van Builders Discount in Modimolle.

MOKOPANE – DIE Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Mokopane is ‘n halwe ton ryker aan kos vir die diere danksy die goeie daad van Builders Discount in Modimolle.

Chris Maritz, hoofuitvoerende-bestuurder, en Hugo Slabbert, finansiële direkteur van Builders Discount, het Maandagmiddag die tien sakke van 50kg elk vol hondepille aan die DBV kom oorhandig.

“Ons het verlede jaar in Junie Builders Discount oorgekoop en wil graag meer betrokke raak in die gemeenskap. Hierdie is net een van vele gemeenskapsprojekte wat ons aanpak.” sê Maritz.

Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV, sê, “dit is met groot dankbaarheid dat ons hierdie donasie ontvang. Dit maak ‘n positiewe verskil.”

Exit mobile version