56,7kg ligter en sy kan weer glimlag

Vandag, na baie harde werk, baie moeite en 'n maagomlyning is Janine Becker letterlik en figuurlik 'n nuwe mens nadag sy 56,7kg verloor het.

LOUIS TRICHARDT – Ongeveer ‘n jaar gelede het Janine Becker besluit sy kan nie meer met haar oorgewig liggaam saamleef nie en sy het besluit om ‘n plan te maak.

Vandag, na baie harde werk, baie moeite en ‘n maagomlyning is Janine letterlik en figuurlik ‘n nuwe mens nadag sy 56,7kg verloor het.

“Ek was baie ongelukkig met my gewig en het my huisdokter gaan spreek. Hy het my verwys na ‘n seminaar van prof. Heine van der Walt van die Netcare Unitas Hospitaal in Pretoria. Daar het hy die details van ‘n maagomleiding met ons bespreek asook die voor- en nadele van so ‘n operasie,” vertel sy.

“Ek het net daar en dan besluit om die operasie te laat doen en om die algehele program wat die professor uitgewerk het te volg.”

Sy vertel sy het op 17 Julie verlede jaar ‘n maagomleiding ondergaan.

Janine verduidelik dat ‘n maagomleiding nie so maklik is soos wat dit klink nie.

“Vir drie maande lank voor die operasie moet mens ‘n spesiale dieet volg en na die operasie ‘n vloeistofdieet vir tot drie weke, afhangende van die pasiënt se behoeftes. Ek moes ook eers tussen 10 en 15% van my liggaamsmassa verloor voordat ek kon kwalifiseer vir die operasie om te sien of ek werklik ernstig is om my lewe te verander,” sê sy.

“Soms was dit vir my moeilik om die dieer te volg en ek het meer as een keer gewonder hoekom ek dit aan myself doen. Maar met die hulp en bystand van my familie en vriende kon ek volhou en kon ek aan myself bewys dat ek kan deurdruk.”

Janine sê die maagomleiding was vir haar ‘n belegging in haarself.

“Die operasie het my hele lewe verander. Ons gesinslewe het ook verander. Ek is nou baie meer aktief en ek kan saam met my kinders rondhardloop en speel.”

Exit mobile version