CrimeNews

Middeljarige pedofiel 21 jaar gevonnis

‘n MIDDELJARIGE pedofiel en molesteerder wat die kerk gebruik het om toegang tot onskuldige kinders te kry, is Maandag in die Streekhof op Lydenburg tot 21 jaar tronkstarf gevonnis.

‘n MIDDELJARIGE pedofiel en molesteerder wat die kerk gebruik het om toegang tot onskuldige kinders in verskeie dorpe, insluitende Duiwelkloof, Tzaneen en Hoedspruit, te kry, is Maandag in die Streekhof op Lydenburg tot 21 jaar tronkstarf gevonnis.

Willie Jacobs het skuldig gepleit op 7 van die tien aanklagte teen hom en is effektief drie jaar per kind gevonnis wat nie gesamentlik uitegedien kan word nie.

Hy sal dus effektiewelik 21 jaar tronkstraf uitdien. Jacobs het homself ingewurm as ‘n kerkleier wat bystand aan die pastore verkeen het. Hy het dan sy vertrouensposisie misbruik om kinders te molesteer.

Die eerste voorval het reeds sowat vyftien jaar glede in Duiwelskloof plaasgevind waarna hy Tzaneen toe getrek het, daarna het hy in Steelpoort, Burgersfort, Lydenburg en Hoedspruit gewoon en telkens sy posisie as vertroueling van die pastor in die kerk misbruik om toegang tot kinders te verkry.

Lees meer

 

via Letaha Herald

Related Articles

Back to top button