NewsSchools

Drukkies en briewe

Review gesels met 'n paar van Akademie Reformia se gr. 4- en 5-leerders oor hoe liefde voel, en hoe hulle weet wanneer iemand vir hulle lief is.

POLOKWANE – Valentynsdag lê om die draai en die klem val vir die volgende week op liefde, hetsy op winkelrakke, spyskaarte of in klaskamers.

Review gesels met ‘n paar van Akademie Reformia se gr. 4- en 5-leerders oor hoe liefde voel, en hoe hulle weet wanneer iemand vir hulle lief is.

Simoné Erasmus.
Simoné Erasmus.

Simoné Erasmus is in gr. 4 en sê jy weet jy is lief vir iemand as jy vir daardie persoon drukkies en soentjies gee. Haar vriendin Mikayla Thompson stem saam.

“Jy voel asof jy iemand se hand wil vashou as jy lief is vir hom,” voeg Mikayla by.

Tarien Saaiman.
Tarien Saaiman.
Kaylin Swanepoel.
Kaylin Swanepoel.

Tarien Saaiman en Kaylin Swanepoel is in gr. 5 en weet van liefde, maar sê dat hulle pa’s sê dat hulle eers in gr. 12 met seuns mag uitgaan.

“As iemand vir jou kyk en skaam is rondom jou, is hulle lief vir jou,” verduidelik Tarien.

“Alles voel reg as iemand vir jou lief is. Jy weet jy is lief vir iemand as jy skaam voel en bloos,” voeg Kaylin by.

David Badenhorst.
David Badenhorst.
Jonathan Henwood.
Jonathan Henwood.

David Badenhorst en Jonathan Henwood is in gr.4 en sê hulle weet nog nie hoe voel liefde nie.

“Ek vind gewoonlik sommer self uit as iemand vir my lief is,” verduidelik David.

“Hulle hou baie van jou en skryf vir jou briefies,” voeg Jonathan by.

Michael van Heerden.
Michael van Heerden.

Michael van Heerden is ook in gr. 4 en sê hy weet iemand is lief vir hom as hulle dit vir hom sê of vir hom drukkies gee.

Related Articles

Back to top button