Noordskool verwelkom 2 leerkragte by die skool

Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) is trots om twee nuwe leerkragte by die skool te verwelkom.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) is trots om twee nuwe leerkragte by die skool te verwelkom.

Susan Nolan en Daleen Els vestig hul in Polokwane nadat hulle beide van Gauteng af verhuis het om nader aan hul onderskeie families te woon.

Beide sien uit na die netbalseisoen waar hulle betrokke sal wees.

Nolan is Noordskool se nuwe wiskunde-onderwyser vir gr. 6 asook Afrikaanse onderwyser vir gr. 7.

Sy sê sy geniet haar werk omdat sy daagliks ‘n verskil in leerders se lewens kan maak, beide op akademiese en persoonlike vlak.

Els is ‘n gr. 2-onderwyser en sê sy wil spesifiek met jonger leerders werk omdat sy ‘n direkte invloed het op hul groei en ontwikkeling.

Exit mobile version