Local NewsNews

‘n 2de plek in Mnr. SA vir Morné

'n Voormalige inwoner van die stad, Morné Marais, het op 25 Januarie die tweede plek in die Mnr. Suid-Afrika kompetisie losgeslaan.

POLOKWANE – ‘n Voormalige inwoner van die stad, Morné Marais, het op 25 Januarie die tweede plek in die Mnr. Suid-Afrika kompetisie losgeslaan.

“Ek het besluit om deel te neem aan die Mnr. Suid-Afrika kompetisie sodat ek ‘n verskil kan maak op nasionale vlak.

“Ek wil ‘n inspirasie en rolmodel vir mense wees en ander motiveer om nooit tou op te gooi nie.

“Ek wil ‘n ware voorbeeld van ‘n man van eer wees,” vertel hy.

Morné (28) het grootgeword in Polokwane en sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Pietersburg voltooi.

Op skool het hy rugby, krieket en jukskei gespeel en ook aan atletiek deelgeneem.

Ook het sy modelloopbaan op skool reeds begin toe hy aan die Mnr. Pietersburg en Prom Nite kompetisies deelgeneem het.

Na skool het hy eers by die polisie aangesluit en daarna het hy as ‘n persoonlike afrigter in ‘n gimnasium gaan werk.

Tans bly Morné in die Kaap waar hy gereeld liefdadigheidswerk doen.

“Ek was voor Mnr. Suid-Afrika al betrokke by die Ubuntu Huis vir weggooibabas.

“Ek wil ‘n verskil in mense se lewens maak,” vertel hy.

Morné sê hy is nog ver nie klaar met liefdadigheidswerk nie.

“Ek wil my anti-boelie-veldtog as organisasie sonder winsbejag registreer en begin om deur Suid-Afrika te toer en kinders te leer hoe om effektief met boelies klaar te speel.

“Ook wil ek die boek wat ek besig is om te skryf voltooi en verder gemeenskapswerk doen. Die res is ‘n geheim vir nou.”

Hy vertel dat die beste ondervinding gedurende die Mnr. Suid-Afrika kompetisie was dat hy ‘n platform gehad het om ‘n verskil te maak op groot skaal en dat hy wonderlike mense en nuwe vriende deur dié kompetisie ontmoet het.

“Ek het wonderlike vriende met die ander finaliste gemaak en dit was moeilik om aan almal totsiens te sê.

“Die Mnr. Suid-Afrika kompetisie het my so baie van myself geleer en gehelp om die roeping in my lewe te vind.

“Dit was baie lekker en ek sal dit weer doen.”

Stem vir Morné as Mnr. Suid-Afrika

Mnr. Suid-Afrika finalis, Morné Marais, praat met leerders oor boelies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button