NewsSchools

Kookwater-atletiek

DIE atlete van Hoërskool Piet Potgieter stap breëbors nadat hulle verlede Saterdag op Louis Trichardt 60 goue, 50 silwer en 27 brons medaljes ingepalm het tydens 'n vriendskaplike byeenkoms waar hulle vyf ander skole uitgestof het.

DIE atlete van Hoërskool Piet Potgieter stap breëbors nadat hulle verlede Saterdag op Louis Trichardt 60 goue, 50 silwer en 27 brons medaljes ingepalm het tydens ‘n vriendskaplike byeenkoms waar hulle vyf ander skole uitgestof het.

Piet Pot (809 punte) het koning gekraai teen Hoërskool Louis Trichardt (634 punte), Hoërskool Frans du Toit (404 punte), Hoërskool Noorderland (181 punte), Falcon College (103 punte) en Groblersdal Academy (90 punte).

“Kookwater-atletiek is wat die toeskouers kan verwag wanneer Piet Pot op 28 Februarie gasheer is vir die 52ste Bosveld interhoër,” sê Cas Badenhorst, adjunkhoof van sport.

Hy is nie te min trots op die atlete se uitstekende vertoning verlede Saterdag.

Die sewe deelnemende skole aan die interhoër is Piet Pot, Hoërskool Frikkie Meyer van Thabizimbi, Hoërskool Ellisras van Lephalale, Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal, Hoërskool Hans Strijdom van Mookghopong, Hoërskool Nylstroom van Modimolle en Hoërskool Warmbad van Bela Bela.

Marnus Uys is tydens die byeenkoms op Louis Trichardt as die beste baanatleet van die dag aangewys met ‘n nuwe rekord in die 200 m vir seuns o/17 en Mirieck Griessel het met die beste veldatleet toekenning weggestap nadat sy ‘n rekord in die gewigstoot vir dogters o/17 opgestel het.

Die skool se top tien atlete van die byeenkoms is:

• Marnus Uys – 200 m vir seuns o/17, in 21.90 sekondes.

• Mirieck Griesel – gewigstoot vir meisies o/17 met 12,54 m.

• David Mofomme – 200 m vir seuns o/16 in 23,60 sekondes.

• William Mohlaloga – 200 m vir seuns o/14 in 25,60 sekondes.

• Teboho Mathala – verspring vir seuns o/15 met 5,54m.

• Luzaan Taljaard – gewigstoot vir meisies o/15 met 10.90 m.

• Michael Landsberg – hoogspring vir seuns o/17met 1,75 m.

• Sello Nyawene – 800 m seuns o/17 in 2,4 sekondes.

• Albert Kgosana – 800 m seuns o/16 in 2,08 sekondes.

• Antoinette Albertyn – verspring meisies o/15 met 4,57 m.

• Peter Tau – 800 m seuns o/19 in 2,08 sekondes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button