Vories braai brood om jaar te open

Die Doornkraal Voortekkerkommando se lede het verlede Dinsdag die begin van die nuwe Vorie-jaar gevier deur heerlike stokbrood oop die kole te braai.

POLOKWANE – Daar is niks so heerlik soos ‘n vuur en iets om oor die kole te braai wanneer mens iets het om te vier nie.

Die Doornkraal Voortekkerkommando se lede het verlede Dinsdag die begin van die nuwe Vorie-jaar gevier deur heerlike stokbrood oop die kole te braai.

Oud en jonk het saamgekuier en elkeen het geleentheid gekry om sy eie stokbrood te braai.

Michelle Mocke het aan Review gewys hoe om die perfekte stokbrood te braai.

“Jy vat die deeg en dan draai jy dit om die stok met foelie om. Daarna hou jy dit oor die hitte totdat die deeg gaar is. Dan kan jy heerlik smul,” het sy verduidelik.

Magda Wentzel, adjunkkommandoleier van die Voortrekkers, het aan Review verduidelik dat die kommando uit sowat 100 lede bestaan.

“Die jongste lede is in gr. R en die ouer lede wissel tussen gr. 1 en 12. Jongmense wat studente is, is ook lede, maar hulle word staatmakers genoem. Dan is daar volwassenes wat ook lede is,” het sy verduidelik.

Magda het gesê die Voortekkers beplan verskeie aktiwiteite deur die jaar soos hul eerste kamp wat binnekort sal plaasvind.

“Een van die hoogtepunte van die jaar is die kommando-opening en jaarvergadering in Februarie.Ons het nog heelwat plek oop vir mense wat wil deel word van die Voortrekkers. Hulle kan my kontak by 083 680 7185.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version