NewsSchools

CVO-leerders sien uit na 2015

DIE CVO-skool Potgietersrus spog hierdie jaar met 193 leerders van gr. 00 tot gr. 12.

MOKOPANE – DIE CVO-skool Potgietersrus spog hierdie jaar met 193 leerders van gr. 00 tot gr. 12.

Die jaar het op ‘n hoogtepunt afgeskop met die groentjiekamp wat verlede naweek aangebied is. Die tema van die kamp was, Vat so Seerower Vat so.

Die gr. 8-leerders is as die swabbies gedoop en hulle moes die matrieks as kwartiermeesters aanspreek. Die kwartiermeesters het die swabbies gou touwys gemaak oor hoe dinge by dié skool gedoen word.

“Baie sterkte aan die groentjies. Ons glo julle sal baie gou deel wees van die CVO-familie. Aan die gr. 12’s, baie sterkte met die IEB eksamen. Ons vertrou dat daar uitstaande prestasies gaan wees. Gee elke dag net jou beste en jy sal sukses behaal,” het Jan Harmse, skoolhoof, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button