HPP bou ‘n Poort Na Die Toekoms

'n JARELANGE droom van Hoërskool Piet Potgieter se skoolhoof, Jas Hansen, om 'n hek vanuit Pretoriusstraat na die skool te bou, is bewaarheid.

MOKOPANE – ‘n JARELANGE droom van Hoërskool Piet Potgieter se skoolhoof, Jas Hansen, om ‘n hek vanuit Pretoriusstraat na die skool te bou, is bewaarheid.

Die gr. 12-leerders het saam net Hansen die onthulling van die hek Woensdagoggend gevier. Die gr. 12’s het hierdie droom ‘n realiteit gemaak deur die groot sukses van hulle fondsinsameling wat hulle verlede jaar ten bate van die matriekafskeid geloods het.

Dit was so ‘n groot sukses dat daar genoeg geld oorgebly het vir die bydrae van die oprig van die nuwe hek.

Die hek is Poort Na Die Toekoms gedoop, het Hansen gesê. “As jy in gr. 8 instap by hierdie hek, stap jy by die poort na kennis in. Wanneer jy in gr. 12 by hierdie hek uitstap, stap jy deur die poort na jou toekoms, want jy het hier jou toekoms begin bou. Laastens maar die belangrikste: dit simboliseer die Christelike pad wat ons loop by Hoërskool Piet Potgieter, die hemelse poort waardeur ek hoop ons almal eendag sal stap.

“Die gr. 12-groep het die bal aan die rol gesit en van hierdie jaar af gaan elke gr. 12-klas ‘n bydrae lewer tot die skool se opgradering.

“Dit is hulle trotse handtekening wat hulle vir ons as skool agterlaat.”

Exit mobile version