MOKOPANE – JAN Gerhard Venter van Hoërskool Piet Potgieter het 11 onderskeidings opgeraap en dit het behoorlik op Bosveld se Facebook-blad gegons soos mense die skakel met sy storie gelees en gedeel het. Daar is ook ander leerders wat uitgeblink het en vir hulle is dit ‘n bittersoet begin wanneer hulle vandeesmaand met groot opgewondenheid …
“Ek het glad nie agt onderskeidings verwag nie en moes dit eers ‘n paar keer oor tel voordat realiteit ingeskop het. Ek was werklik in ekstase,” sê Kristen Potgieter van Hoërskool Piet Potgieter oor haar briljante matriekuitslae. Die doelwit wat sy vir haarself gestel het was om slegs haar beste te doen en volkome op God se genade te vertrou. Kristen vertel dat sy haar prestasie saam met haar naastes, veral haar tweelingsussie, Jaclyn, wat vier onderskeidings behaal het, gevier het.
Fisiese wetenskap was vir haar die moeilikste vraestel en die praktiese vraestel van rekenaartoepassingstegnologie die lekkerste.
“Met toewyding en harde werk sal jy jou doelwitte bereik. Dit is belangrik om te onthou dat dit wat jy insit gaan jy terugkry,”is die inspirerende woorde van Kristen aan die gr. 12’s van 2015.
Sy berei haarself voor op haar nuwe avontuur by die Universiteit van Noordwes waar sy aptekerswese gaan studeer.
“Ek sien die meeste uit na nuwe uitdagings van die lewe.”
MOKOPANE – JAN Gerhard Venter van Hoërskool Piet Potgieter het 11 onderskeidings opgeraap en dit het behoorlik op Bosveld se Facebook-blad gegons soos mense die skakel met sy storie gelees en gedeel het.
Daar is ook ander leerders wat uitgeblink het en vir hulle is dit ‘n bittersoet begin wanneer hulle vandeesmaand met groot opgewondenheid die nuwe avontuur van studentwees aanpak en met groot hartseer die bekendheid van skoolgaan groet.