Local NewsNews

Ronja wil Louis Trichardt se modelle ophef, help

Ronja Janse van Rensburg het besluit om die harde lesse wat sy in die modelbedryf geleer het met die res van die dorp te deel.

LOUIS TRICHARDT – Ronja Janse van Rensburg het besluit om die harde lesse wat sy in die modelbedryf geleer het met die res van die dorp te deel.

Sy het gister (Woensdag) ‘n nuwe modelskool op die dorp ge-open omdat sy besef het dat die meisies van Louis Trichardt baie potensiaal het om uit te blink op die loopplank en voor die kamera.

Sy het vertel die nuwe modelskool heet Capture Model Agency.

“‘n Modelafrigter het my op ‘n baie jong ouderdom genader en ek het met modelklasse begin. Ek het onmiddellik verlief geraak op modelwerk en wou meer en meer leer oor hierdie bedryf,” het sy verduidelik hoe haar loopbaan aanvanklik afgeskop het.

Deur die jare het Ronja verskeie pryse en sertifikate gewen.

“Ek het aan twee groot kompetisies deelgeneem in die tyd wat ek aktief was in die modelbedryf en ek het baie geleer. Ek was vir twee jaar agtereenvolgend onder die top vyf modelle in Suid-Afrika wat werksaanbiedinge betref het.”

Sy het verduidelik dat haar klasse alle aspekte van modelwerk dek.

“My modelle sal nie net leer hoe om professionele modelle te wees nie, maar ek gaan hulle ook leer hoe om advertensieveldtogte aan te pak en hoe om met mense te kommunikeer. Ek wil hulle ook leer hoe om na hul voorkoms om te sien, hoe om gepas aan te trek en hoe om professioneel te grimeer,” het sy gesĂȘ.

Ronja het verduidelik dat sy glo modelwerk is baie goed vir enige meisie se selfbeeld.

“Hulle leet om deur ander mense se oĂ« na hulself te kyk en om hul foute te aanvaar. Mens ontmoet elke dag nuwe mense en leer om met almal oor die weg te kom.”

Sy het aan Review gesĂȘ haar uiteindelike doel is om haar modelle selfvertroue te gee.

“Wanneer ek sien hoe my modelle voor my oĂ« verander en meer selfvertroue kry, weet ek dat ek my werk gedoen het.”

Related Articles

Back to top button