NewsSchools

Heel beste by HPP

Jan Gerhard, onderhoofseun van Hoërskool Piet Potgieter in 2014, is breëbors oor sy 11 onderskeidings. Hy gaan vanjaar B.Com forensiese rekenmeesterskap aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom studeer.

MOKOPANE – STEL vir jouself drome en werk daaraan om dit te verwesenlik is die raad wat Jan Gerhard Venter het vir 2015 se matrieks.

Jan Gerhard, onderhoofseun van Hoërskool Piet Potgieter in 2014, is breëbors oor sy 11 onderskeidings. Hy gaan vanjaar B.Com forensiese rekenmeesterskap aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom studeer.

“‘n Mens moet geleenthede wat op jou pad kom aangryp, sê die slimkop wat nie verniet einde verlede jaar met die Dux trofee weggestap het tydens die skool se Lourier-prysuitdelingsfunksie. nie.

“Hy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, lewensoriëntering, wiskunde, rekeningkunde, inligtingstegnologie, rekenaartoepassingstegnologie en geografie behaal. Hy het ook ‘n onderskeiding vir gevorderde wiskunde gekry in die Onafhanklike Eksamenraad se eksamens.

So tussen al die leer was daar nog tyd vir uitblink op kultuur- en sportgebied. Jan Gerhard het verlede jaar vir die skool se eerste krieketspan uitgedraf en ook tennis gespeel.

Hy was ook ‘n dirigent wat gehelp het dat HPP nie net die interhoër nie, maar ook die sangbeker opgeraap het. Hierdie knap redenaar het ook in die skoolkoor gesing en was die voorsitter van die ATKV se jeugtak.

Hy sien nou uit na die studentelewe en is vanjaar ‘n koshuisbrak wat met ‘n nuwe hoofstuk in sy lewe begin.

Hy gaan sy ma, Lientjie, en jonger boetie veral mis. Lientjie, ‘n wiskunde onderwyser by HPP, sê Jan Gerhard het van kleintyd ‘n liefde vir wiskunde gehad en op akademiese gebied uitgeblink.

Jan Gerhard bedank sy Skepper vir sy talente en die skoolhoof, Jas Hansen, en al die onderwysers vir hul ondersteuning. ‘n Spesiale dank ook aan almal by Laerskool Krugerpark waar die grondslag van sy skoolloopbaan gelê is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button