News highlights 2014: Tandarts kritiek na hartaanval

BEKENDE tandarts, Lida Fourie, het vroeër vanjaar ‘n hartaanval gehad terwyl sy en haar seuns by ‘n koffiewinkel koffie gedrink het het. Daar is aanvanklik vermoed dat ‘n bloedklont deur haar longe is, maar toetse het getoon dat dit ‘n hartaanval was. Die nuus van haar siekte het talle boodskappe van bemoediging vir die familie …

BEKENDE tandarts, Lida Fourie, het vroeër vanjaar ‘n hartaanval gehad terwyl sy en haar seuns by ‘n koffiewinkel koffie gedrink het het.

Daar is aanvanklik vermoed dat ‘n bloedklont deur haar longe is, maar toetse het getoon dat dit ‘n hartaanval was.

Die nuus van haar siekte het talle boodskappe van bemoediging vir die familie sowel as van mense wat vir haar bid tot gevolg gehad op Facebook.

Daar word sedertdiens na haar omgesien by die Theunis Fichardt Hospitium.

 

Dr. Erns groet stad na 34 jaar diens

NA 34 jaar neem dr. Ernst Teichler afskeid van Polokwane.

Hy het in Pretoria gaan woon, waar sy drie kinders en vier kleinkinders nou die trekpleister geword het, en waar ‘n ietwat rustiger dagprogram op hom wag.

Teichler gaan nie summier aftree nie, maar sy uitgebreide ervaring as kinderarts tot die beskikking stel van ‘n dagkliniek, die Intercare Hazeldene-kliniek.

Dr. Ernest Teichler
Exit mobile version