2014 Hoogepunt: Kerk hekel wêreldrekord

DIE grootste gehekelde kombers in die wêreld is vanjaar in die stad neergelê nadat die Nederduitcsh Hervormde Kerk Welgelegen Pietersburg die groot projek van stapel gestuur is.

DIE grootste gehekelde kombers in die wêreld is vanjaar in die stad neergelê nadat die Nederduitcsh Hervormde Kerk Welgelegen Pietersburg die groot projek van stapel gestuur is.

Selfs die nuusspanne van eNCA en Kwêla het gereed gestaan om die historiese oomblik op film vas te lê.

“Die kerk se Uitreik-Kombersprojek het begin met ‘n droom van sommer baie komberse wat uitgedeel kan word aan sorgafhanklike bejaaardes en kinders.

“Ons het gehoor van bejaardes wat in sekere versorgingseenhede handdoeke oor hulle bene gooi. Om baie kniekomberse bymekaar te maak sou groot motivering vra. Guinness World Records het dié motivering baie makliker gemaak,” het ds. Henk Joubert vertel.

Die grootste gehekelde kombers in die wêreld was tot Vrydag toe ‘n reuse 24,68m x 11,58 of 285,79m².

Die gemeente het toe besluit om hierdie rekord te verdubbel en gemik om ‘n kombers van 600m² te hekel. Mans en vroue en kinders het almal saamgehekel.

So lyk die syfers:

• Daar is 1 278 km se wol gebruik.

• Die kombers weeg 511,2 kg.

• Die hoeveelheid kettings wat gehekel is om die wêreldrekord op te stel was 23 997 204.

Exit mobile version