Engele help om nood te verlig

Waneer 'n mens se hart en hande oop is om te gee, sal die Hemelse Vader sorg dat jou eie hande vol bly, sê Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Mokopane Noodforum

Mokopane – WANNEER ‘n mens se hart en hande oop is om te gee, sal die Hemelse Vader sorg dat jou eie hande vol bly, sê Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Mokopane Noodforum.

Sy bedank die gemeenskap wat die forum vanjaar so goed ondersteun het. “Ons het talle hoogtepunte in 2014 gehad soos ons tiende verjaardagvieringe in Februarie. Die begin van ‘n nuwe werkskeppingsprojek, Cre8ing Lives, het selfs gesorg dat ons ‘n nasionale tydskrif haal.”

Dit bly vir die forum ‘n groot hoogtepunt om ‘n verskil in ander mense se lewens te kan maak of dit nou op groot op kleinskaal is. “Ons fokus is om mense hul menswaardigheid terug te laat kry, om te glo en vertrou op ons Hemelse Vader en te weet dat Hy altyd mense op ons pad stuur vaarvoor ons ‘n helpende hand moet uitsteek.”

De Wet sê dit is vir haar altyd belangrik om klem te lê op die goedhartigheid van mense in die dorp en gemeenskap. “Hier is sulke wonderlike mense wat ek sommer graag engele wil noem. Hulle is altyd bereid is om te gee en te help. Ek is daarvan oortuig dat wanneer jou hart en hande oop is om te gee, die Hemelse Vader sorg dat jou hande vol bly.”

Die forum wil veral die volgende borge bedank: Anglo Platinum Mogalakwena section, Platreef Mining, Woolworths, Pic n Pay, Checkers, Nedan Oil, National Proteïen, Kingdom Milling, Qutra Pack, Power Bake, Good Luck Café, WSM Leshika, Venter Vervoer, Honey Lotus, boere wat melk skenk, jagters wat vleis skenk, mense uit die gemeenskap vir skenkings en donasies van klere en geld, die kerke in ons gemeenskap vir hul betrokkenheid en dan laaste maar nie die minste vir Tjommies Kleuterskool wat hierdie jaar ‘n gesamentlike Kersboom vir Helpende hand, die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie en die Noodforum gereël het.

“Ons wens julle almal ‘n wonderlike Kersseisoen toe. Mag die Here se seën en genade met elkeen van u wees.”

Exit mobile version